EntertainmentLifestyle

Kry nou jou kaartjies vir die Pannefees

Daar is nog net 10 dae oor voordat vanjaar se Pannefees afskop.

Om reëlings te vergemaklik het die organiseerders verskeie plekke geïdentifiseer waar voornemende feesgangers hulle kaartjies kan koop.

Die fees word op 9 en 10 Oktober op die sportgronde van Laerskool Die Arend aangebied en beloof om die vorige Pannefeeste te oortref.

‘n Hele rits bekende sangers en akteurs, soos Steve Hofmeyr, Gerhard Steyn, Armand Hofmeyr, Volhart (Danie van der Westhuizen en Benice Borman), Chané Valentine, Andries Hendrik Potgieter, Drehardt Dickson en Hennie Jacobs (7de Laan) sal deur die loop van die naweek optree.

Kaartjies kan nou reeds by die volgende plekke gekoop word:

  • Die Hoërskool Stoffberg (011 740 0210)
  • Hoërskool Die Anker (011 83 4160)
  • Carnival Toyota (011 306 8800)
  • Nico Grobbelaar (NG Moedergemeente (082 448 4299).

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button