EntertainmentLifestyle

Gratis musiekfees in Springs

Meat World by die Springs Nasionale Varsproduktemark hou môre (Saterdag) ’n musiekfees waartydens talle bekende kunstenaars gaan optree.

Die goeie nuus is dat die musiekfees gratis is.

Die fees begin om 9vm en sal tot 1.30nm duur, wanneer die wenner van ’n splinternuwe Ford Figo Ambiente aangekondig sal word.

Pieter Koen, wat elke Saterdagaand Jukebox op kykNET aanbied, sal te siene wees en Hennie Smit, beter bekend as Bertie in Egoli is die seremoniemeester vir die dag.

Hennie en Arina de Witt gaan ook ’n draai op die verhoog maak asook Francois van Rensburg, Rembrandt van Rijn, Alwyn Oberholster en Rinel Day.

Feesgangers word aangeraai om vir hulself ’n kampstoel, kombers of kussing saam te neem om gemaklik te wees.

Die jongspan gaan ook nie afgeskeep word nie, want Liewe Heksie en Botterblom gaan ook te siene wees en die volle produksie word boonop gratis opgevoer.

Die area by die Springs mark is groot en leen hom ook perfek vir ’n vlooimark, wat ook aangebied sal word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button