Wen kaartjies om Dewald Wasserfall vanaand by Rose Tulee te sien
Slegs een inskrywing per persoon sal aanvaar word.
Aanhangers van die gewilde sanger Dewald Wasserfall kan hom vanaand (Vrydag, 5 Oktober) by Rosetulee op die verhoog sien.
Goeie nuus is dat twee lesers van die Herald elk ‘n dubbel kaartjie kan wen om die vertoning by te woon.
Al wat jy moet doen is om ‘n e-pos te stuur na brakpanherald@caxton.co.za en in een sin te sê waarom jy graag die kaartjies wil wen.
Maar jy sal moet wikkel aangesien die kompetisie om 11vm, vandag sluit.
Die wenners sal daarna telefonies in kennis gestel word en die kaartjies sal voor 3nm by die Herald se kantoor afgehaal moet word.
Slegs een inskrywing per persoon sal aanvaar word.
Onthou om jou telefoonnommer in die e-pos te meld.
Rosetulee is geleë te Dirk van der Hoffweg 198 en die vertoning begin om 8nm.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



