Brakpan VLU hou mini-prysuitdeling vir konferensie presteerders
Die Brakpan VLU tak het toekennings ontvang by die onlangse Konferensie.
Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het onlangs hul maandelikse vergadering gehou, waartydens toekennings wat tydens die onlangse konferensie verwerf is, aan lede oorhandig is.
Ina Troskie het die trofee vir beginner blommerangskikking ontvang, terwyl Delores van Rooyen vereer is as die lid met die meeste artikels by die konferensie. Sy het ook toekennings ontvang vir die meeste kongresartikelpunte, asook vir die hoogste punte algeheel.
As tak het Brakpan ’n derde plek algeheel behaal, asook ’n tweede plek vir die meeste punte in konferensie-artikels.
Na afloop van die prysuitdeling het die tak ’n nuwe lid, Amanda Swanepoel, verwelkom. Die vergadering is afgesluit met ’n praktiese demonstrasie deur Mary-Ann Sargeant oor decoupage-tegnieke.





