Local newsNews

Nuwe tegniek bring vars inspirasie vir plaaslike vroue

Die Brakpan-tak van die VLU het ook meer geleer van die streek se skrywers van die jaar.

Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het Dinsdag bymekaar gekom vir hul maandelikse vergadering, waar hulle meer geleer het oor die streek se skrywers van die jaar, asook die basiese beginsels van Tuniesiese hekelwerk.

Die skrywers van die jaar is Tony Park (Engels) en Erns Grundling (Afrikaans), en die vroue het meer oor albei se loopbane en lewens te wete gekom. Die hoogtepunt van die oggend was natuurlik die hekelwerkdemonstrasie.

Ria Coetzee, met die ondersteuning van Mary-Ann Sargeant, het die vroue bekendgestel aan die basiese beginsels van hierdie tegniek.

Tuniesiese hekelwerk word met ’n spesiale hekelpen gedoen, maar kan ook met ’n gewone hekelpen aangepak word.

Dit kombineer elemente van brei en hekel, en stel hekelaars in staat om items te skep wat soos breiwerk lyk en funksioneer, maar met hekelsteke gemaak word.


ALSO CHECK: Recurring sewage flooding plagues brenthurst home


Die tak het ook verneem dat kaartjies vir die streek se Kuier en Klets-geleentheid reeds uitverkoop is.

Daar is egter steeds plek beskikbaar vir die streeksvergadering op 4 Junie, asook vir ’n streeksfunksie op 13 Junie wat ten doel het om fondse vir die Goudrif-streek in te samel.

Die fondsinsameling sal plaasvind in die vorm van ’n sop-, sjerrie- en sing-along-oggend, waartydens elke tak gevra word om een of twee potte sop saam met brood te voorsien.

Anders as die meeste VLU funksies, is hierdie geleentheid oop vir die publiek; mans, vroue en kinders is welkom en dit is nie slegs tot lede beperk nie.

Die Brakpan-tak sal ook op 26 April pannekoek bak tydens die Just Wheels Opedag om fondse vir die tak se projekte in te samel.


ALSO CHECK: Sudden closure of Eventide Old Age Home sends shockwaves through community

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button