Local newsLocal sport

Nuwe Brakpan Poolklub-lokaal open by State Mines Country Club

Die Brakpan Poolklub vier sy nuwe tuiste by die State Mines Country Club met ’n feestelike opening op 2 Mei, kompleet met toernooie en vermaak.

Die Brakpan Poolklub spog met ’n splinternuwe lokaal by die State Mines Country Club, en die amptelike opening daarvan vind op 2 Mei plaas.

Besoekers kan reeds vanaf 11:00 opdaag, waarna ‘n lintknipseremonie ongeveer 12:00 sal plaasvind.

Poolwedstryde en toernooie sal deur die loop van die dag plaasvind, en vermaak sal ook aangebied word.

“Ons sien werklik daarna uit om die publiek by ons klub te verwelkom, veral persone wat as lede en gereelde spelers wil aansluit,” het Shawn Raper, die persoon aan die stuur van sake, gesê.

“Ons doelwit is om die klub te laat groei en nog vele suksesvolle toernooie en kompetisies aan te bied,” het hy bygevoeg.

Vir meer inligting, kontak Shawn by 082 672 0776.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button