Tutela Gesinsorg, Brakpan winterprojek help 236 mense met kos en komberse
Die vorige aand was ysig, maar die oggend van die projek was sonnig en gesellig toe byna 340 mense hul hupstoot vir die winter ontvang het.
Tutela Gesinsorg, Brakpan het verlede Saterdag sy jaarlikse winterprojek by sy kantore in Victorialaan aangebied.
Ná ’n ysige Vrydagnag, waartydens die organisasie sy Slaap-in-’n-Boks-veldtog gehou het, het die oggendson heerlik geskyn terwyl 236 mense met kos, klere en komberse gehelp is.
Met groot deernis en liefde is warm klere, komberse, baadjies en, waar moontlik, jasse uitgedeel aan die groot groep mense wat geduldig gewag het vir hul beurt.
“Ons het daarbenewens ook heerlike warm sop en broodjies voorsien om die koue winterdag ’n bietjie meer draaglik te maak,” sê Naomi Mostert, administratiewe beampte van die tak.

Volgens Mostert herinner projekte soos dié, die gemeenskap opnuut aan die groot nood wat steeds bestaan.
“Dit beklemtoon ook hoe selfs ’n klein gebaar van omgee en ondersteuning ’n betekenisvolle verskil in iemand se lewe kan maak,” sê sy.
Hoewel die hulp tydelik is, bring dit volgens Mostert warmte, hoop en waardigheid aan diegene wat dit die nodigste het.
Sy het ook haar opregte dank aan elke borg, ondersteuner, vrywilliger en gemeenskapslid wat hierdie projek moontlik gemaak het bedank.
“Saam maak ons ’n verskil,” sluit sy af.
LEES OOK: Springs Gold Rotary Club steps in to improve conditions at Presidentia
LEES OOK: Springs relationship coach publishes book to help people choose the right life partner



