Local news

Mej Stoffie 2025 Zané Barnard vier Jeugdag met uitreikprojek na East Rand Children’s Haven

Mej Stoffie 2025, Zané Barnard, het Jeugdag gebruik om hoop en ondersteuning na die East Rand Children’s Haven te bring met ’n spesiale uitreikprojek.

Mej Stoffie 2025, Zané Barnard, het Jeugdag, wat op 16 Junie gevier is, gebruik om uit te reik na die inwoners van die East Rand Children’s Haven.

“Jeugdag herinner ons aan hoop, drome en die krag wat in elke jong mens lê, ongeag waar jy vandaan kom of waardeur jy al is,” het sy gesê.

“Vandag wil ek ook uit die diepte van my hart dankie sê vir die geleentheid om iets terug te kan gee, asook aan almal wat die projek ondersteun het deur donasies te gee,” het sy bygevoeg.

Onder die items wat ingesamel is, was klere, beddegoed, gordyne, speelgoed, skooltasse, sportsakke en skryfbehoeftes, asook kamer-dekor en nog vele meer.

Sy het haar skool, Hoërskool Stoffberg, asook die bestuur van die East Rand Children’s Haven bedank vir die skep van veilige ruimtes waar kinders kan leer, groei en weer begin glo in môre.

Haar boodskap aan elke jong mens was: “Jy is nie vergeet nie, jy is nie minder nie, en jou storie is nog besig om geskryf te word. Jou drome maak saak.”


ALSO CHECK: No cost, plenty to gain at Connection Hub Small Business Expo

ALSO CHECK: SPOT appeals for community help to save remaining landfill dogs

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button