NewsSchools

Arrie beïndruk by die Dell’Arte Kunstefees

In die drama afdeling het die jong leerder ook baie goed gevaar.

Mia Blignaut, ’n graad drie leerder aan Laerskool Die Arend, het talent in oorvloed en het uitgeblink by die Dell’Arte Kunstefees wat onlangs plaasgevind het.

Die talentvolle leerder het drie A+++ simbole, vyf A++ simbole, vyf A+ simbole en drie A-simbole in die drama- en sangafdelings ontvang.

Mia het 95 persent vir vokale ligte musiek begelei, 95 persent vir vokale klassieke musiek begelei, 92 persent vir gospel musiek met klankbaan, 95 persent vir ligte musiek met klankbaan, 81 persent vir instrumenteel gospel (klavier) en 80 persent vir instrumenteel ligte musiek (klavier) behaal.

In die drama afdeling het die jong leerder ook baie goed gevaar.

Lees: Ankers vaar goed by Interdorp redenaarskompetisie

Sy het 93 persent en 89 persent behaal vir multimedia Tik Tok Open, 85 persent vir limeriek (eie keuse), 80 persent vir poësie (eie keuse), 85 persent vir poetry (own choice), 89 persent vir prepared reading, 90 persent vir voorbereide lees, 85 persent vir poetry (dramatised), 92 persent vir gedramatiseerde poësie en 94 persent vir gedramatiseerde prosa behaal.

Mia het ook aan die Bedford Eistedfodd kompetisie deelgeneem waar sy as die itemwenner van drie afdelings

aangewys is.

Sy was die itemwenner vir vokale gospel, instrumenteel klavier klassieke musiek en instrumenteel klavier gospel.

Mia neem die afgelope ses jaar aan kunswedstryde deel en streef daarna om eendag ‘n sang onderwyser te word.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) [email protected]

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) [email protected]

of Miné Fourie (Joernalis) [email protected]

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button