Hoërskool Dinamika het die jaar bewys dat hulle teen die beste van die die beste kan deelneem op die netbaalbaan.
Dinamika en drie van hul leerders, Vivian Venancio, Kamohelo Hlalane en Jade Egwatu was onlangs na die Gauteng Netbal toekenningsgeleentheid genooi.
Vivian, Kamohelo en Jade het toekennings vir hulle deelname in die Suid-Afrikaanse (SA) skole-span ontvang.
Kamohelo was ook genomineer as een van die kandidate vir senior hoërskoolspeler van die jaar.

Die skool self was genomineer as finalis vir die Gauteng Netbal hoërskool van die jaar.
Die toekenning vier die prestasies van ’n skool en neem al hulle spanne en byeenkomste gedurende die jaar in ag.
Die kompetiesie in die Gauteng area is straf en die ander skole wat genomineer was vir die toekenning was Afrikaans Hoër Meisies, Hoërskool Noordheuwel, Hoërskool Randburg en Volkskool Heidelberg.
Die Namies staan nie terug vir enigiemand nie en Dinamika was as die top Gauteng hoërskool vir netbal aangewys. Die toekenning word met Hoërskool Noordheuwel gedeel.
“Dit is ‘n ongelooflike prestasie om aangewys te word as die wenner. Dinamika is baie trots en dankbaar vir elke organiseerder, afrigter, speler en ouer wat dit ‘n realiteit gemaak het,” het die skoolhoof, Johan Schutte gesê.

“Namies wil net dankie sê aan elke netbalspeler en hulle ouers en afrigters wat Namies se naam hoog hou,’ het Karen Bezuidenhout, departementshoof van netbal by Dinamika gesê.
“Dankie vir julle toewysding aan die spel wat ons so lief het en al julle harde werk.”



