EntertainmentLifestyleLocal sportSport

Ringbalklub skouspel

Bring jou vriende en famile en kom geniet die musiekskouspel!

ALBERTON Ringbalklub bied op Saterdag 21 September ‘n musiekskouspel in die kleine op die gronde van Hoërskool Marais Viljoen aan. Sanger en Egoli-ster Izak Davel, jong kunstenaar Anais de Jager en die opkomende Marnus Beukes gaan toeskouers teen slegs R70 per persoon vermaak. Vir kaartjies en navrae kontak Leilanie Zietsman 082 456 2038 of Vanessa Prinsloo by Hoërskool Marais Viljoen.

Alberton ringbal was vanjaar vir die tiende agtereenvolgende jaar ligakampioene en beskik tans oor 20 SA spelers. Die doel van die mini skouspel-dag is om fondse in te samel ter verbetering van die klub se bane, ten einde die standaard van ‘n kampioenklub se geriewe te handhaaf.

Related Articles

Back to top button