CompetitionsLifestyle

Raak digterlik en wen

Gaan blaai dus vandag nog deur jou bundels of haal daardie skryfsels van jou uit die laai en deel jou spesiale woorde met almal.

RAAK #digterlik en deel jou gunstelinggedig op YouTube en staan die kans om tot R10 000 te wen!

Afrikaans.com gaan vir die volgende klompie weke met woorde woeker. Hulle vra jou om saam met hulle #digterlik te raak, ’n gedig te kies, dit voor te lees en op YouTube te laai. Dit kan jou eie digkuns wees of die woorde van jou gunsteling digter – dit maak nie saak nie solank jy dit net deel.

Stuur jou naam, e-pos adres, telefoonnommer, adres en naam van die gedig en die digter per e-pos na myafrikaans@afrikaans.com

’n Paneel kies weekliks ’n wenner van die week wat op Afrikaans.com se tuisblad geplaas en ook op sosiale media gedeel sal word. En die beste nuus van alles? Jou inskrywing kom outomaties vir hul kompetisie in aanmerking waar jy tot R10 000 in kontant kan wen. Daar gaan ook gereeld verrassingspryse op die spel wees waar jy die kans staan om ’n pragtige digbundel te wen.

Onthou ook om almal te laat weet van jou YouTube-video sodat jy soveel stemme moontlik kan kry.

Gaan blaai dus vandag nog deur jou bundels of haal daardie skryfsels van jou uit die laai en deel jou spesiale woorde met almal. Afrikaans.com luister graag en kan nie wag om dit met almal te deel nie.

Gaan kyk by www.afrikaans.com/news-headlines/blog/digterlik-n-gedig-per-week en neem deel.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Comaro Chronicle in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button