Local sport

Warries se eerste rugbyspan tuis na rugbytoer

Die eerste rugbyspan van Hoërskool Warmbad het ’n volgepakte rugbytoer agter die blad.

Die manne het vanaf Donderdag, 21 Maart tot Maandag, 25 Maart die Rob Ferreira/ Danie Rossouw-rugbyweek by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier, Mpumalanga bygewoon.

Owame Moeng skop die bal pale toe.

Die span het die week goed afgeskop met ’n naelskraap oorwinning van 17-14 teen HTS Sasolburg. Goeie aanvallende spel het die deurslag gegee in die wedstryd. Alhoewel hulle die laaste twee wedstryde teen Hoërskool Delmas en Hoërskool Bergvlam verloor het, het afrigter Christian Heuer dit steeds as een van die mees uitdagende toernooie beskryf. Hy sê hoewel hul span uitgedaag was om konstant op die aanval te wees, het hul baie geleer oor verdediging ook.

Hoërskool Warmbad se 1ste span na hulle oorwinning teen HTS Sasolburg.

Hulle het ook ongelooflike herinneringe bymekaar gemaak en het ’n stewige fondasie vir verdere spanbou gelê.

Hy sê ook dat die kompetisie sterk was en hy is opgewonde oor die potensiaal van die Warrie-span vir die res van die rugbyseisoen.

Related Articles

Back to top button