Schools

2023 Nylie-matrieks glimlag breed

Die uitslae van die 2023-matriekvraestelle wat hermerk is, het goeie nuus vir talle matrikulante gebring.

’n Hele aantal leerders van Hoërskool Nylstroom glimlag breed nadat hulle die goeie nuus ontvang het dat hulle persentasies verbeter het. Ná die hermerk uitslae spog die skool met 71 A-simbole en 147 B-simbole.

Mia Kirsten het nou 80% vir wiskunde en in totaal vyf A-simbole en twee B-simbole op haar matriekuitslae.

Lindi Loots het ’n onderskei-
ding in lewens-
wetenskap behaal en spog nou met drie A’s en vier B’s. Foto: Verskaf.

Rudzani Sadiki het ook ’n bykomende onderskeiding vir wiskunde gekry en het nou vier onderskeidings met drie vakke wat B-simbole het.

Lindi Loots, een van die matrieks wat die hoogste gemiddeld behaal het, het nou drie A-simbole nadat sy 80% vir lewenswetenskap na die hermerk gekry het en vier B-simbole.

Mia Kirsten het nou in totaal vyf onderskeidings en twee B-simbole. Foto: Verskaf.

Van die ander leerders wat onderskeidings bygekry het is Charity Manganye (81% vir besigheidstudies), Anzel Botha (80% vir gasvryheidstudies), Xander de Klerk (met 80% vir English First Additional Language), Lizandri van Rooyen en Mikayla Swart (80% vir wiskunde geletterdheid).

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button