GalleriesLocal newsNewsSportSports galleries

Leeus maak byna skoonskip by IPT toernooi

Hoër Volkskool het as gasheer opgetree vir die skouspelagtige IPT rugby toernooi wat deur die Valke Rugby Unie aangebied is.

Skouspelagtige rugby was aan die orde van die dag gedurende die week van 3-8 Oktober, waartydens die Valke Rugby Unie die IPT Rugby Toernooi (inter provinsiale toernooi) aangebied het.

Hoër Volkskool het as gasheer opgetree. Spanne van die Bulle Toro, Goue Leeus, Noord-Wes Uitnodigingspan, Haaie asook die Valke het aan die toernooi deelgeneem.

Al die spanne wat deel van die IPT Toernooi was.

Spanne in ouderdomsgroepe van o13, o14, o15, o16, o18 asook twee ouderdomspanne vir meisies – o16 en o18 – het aan die suksesvolle toernooi deelgeneem.

Die spanne, wat gedurende die week in rondomtalie wedstryde te staan gekom het, is almal deel van die jeugliga spelers van die verskeie rugbybonde.

Jarrod Smith (o18 Leeus) druk ‘n drie.

Die finale wedstryde is op die laaste dag van die toernooi gespeel waar spanne om eerste, tweede en derde plekke teen mekaar kragte gemeet het.

In die o13 finaal het Bulle Toro teen die Goue Leeus gespeel waar die Bulle met 26-12 geseëvier. Die Valke het derde geëindig.

In die o14 finaal het die Leeus teen die Noord Wes Uitnodiging Span te staan gekom. Die eindtelling was Leeus 61 – Noord-Wes 7. Die Bulle Toro het derde geëindig.

Dylan Joubert (o14 NW) skop pale toe.

Die o15 wedstryd het tussen Die Leeus en Bulle Toro plaasgevind. Die Leeus het 31-0 gewen en die Valke het derde klaar gemaak.

In die o16 wedstryd het die Leeus teen die Valke gespeel. Die Leeus het 35-20 gewen en die Bulle Toro het derde geëindig.

In die dames o18 span het die Valke teen die Leeus gespeel. Die Leeus het 17-0 gewen.

In die laaste wedstryd van die dag het die Leeus teen Bulle Toro gespeel. Die Leeus het 37-5 gewen en die Valke het die derde plek ingeneem.

Daar was ook twee droomspanne uit die groep o18 spelers gekies.

Die gekose spelers is Llewellyn Deysel (Bulls), Joshua Smit (NW), Cade Hershewitz (Lions), Luke Webber (Bulls), Calvin Gunther (Lions), Egan Smith (NW), Estian Goues (BB), Ricardo D’Oliviera (Lions), Nathan van der Merwe (Valke), Michael Meyer (Haaie), Nico Oosthuizen (Bulls), Joshua Hauz (Haaie), Wayne Killian (Valke), Jaques Naude (Leeus), Lood Malan (NW), Johan Wessels (Valke), Franco Schutte (Bulls), Joshua de Lazierre (Leeus), Evan Langeveld (Bulls), Tsepo Ledwaba (Leeus), Hennie Kanyinga (Valke), JJ Swart (Bulls), Francois Viljoen (Bulls), Thenba Phollo (Valke), Morné Combrinck (NW), Brent Jackson (Leeus), Sebastiaan Sekoto (Valke), Ivan Venter (Leeus), Kyle Heslett (Bulls), Thembaleto Zama (Haaie), Aphiwe Zama (Haaie), Marco Groenewald (Bulls), Nico Potgieter (Valke), Leo Klein (Valke), Armand Viljoen (Leeus), Jano Wehman (Bulls), Zavier Lakanie (Bulls), Johandré Kleinhans (Valke) en Sebotgatso Ramatloka.

Die 2023 IPT toernooi gaan in 2023 by die Bulle in die Pretoria area plaasvind.

Related Articles

 
Back to top button