Rugbymanne veg vir plek in semi-finaal
Heidelberg eerstes pak Daveyton hierdie naweek
HEIDELBERG – Heidelberg Rugbyklub se eerstespan het op 20 Julie teen Delmas Rugbyklub se eerstes op Delmas se tuisvelde gespeel.
Dit was ‘n naelbyt wedstryd en die telling was halftyd 28-10 in Delmas se guns. Vanaf die afskop was die span van Heidelberg die heeltyd op die aanval en het vinnig punte op die telbord gesit.
Heidelberg kon egter nie daain slaag om die wedstryd te wen nie en Delmas se span het met n eindtelling van 40-32 weggestap. Heidelberg Rugbyklub speel teen die span van Daveyton op Hoërskool JW Luckhoff se sportgronde op 27 Julie en afskop is om 15:30.
Dit sal Heidelberg Rugbyklub se laaste tuiswedstryd in die liga wees. Vir navrae oor Heidelberg Rugbyklub kan die voorsitter Sean Greyling by 083 611 2581 geskakel word.
| Volg ons op: | ||
![]() |




