InternationalNewsSchoolsSport

Twee Volkie netbalspanne onoorwonne in hul ligas

Twee spanne van Volkskool dring deur na uitspeelwedstryde.

Hoër Volkskool het twee netbalspanne wat gekwalifiseer het vir die Gauteng Netbal Kampioenskappe
Dit is nadat hulle onoorwonne in die Sedibeng-liga uitgetree het. Volkies se o16A en o17A-netbalspanne het verseker dat hulle teenstanders sover die seisoen nog elke keer die onderspit gebyt het.

In die Sedibeng-liga het Volkies met skole soos Dr Malan, Transvalia, Driehoek, Overvaal en Vereeniging Gimnasium afgereken.

Sodoende het hul hul plek in die uitspeelwedstryde by Hoërskool EG Jansen bespreek.

Die o16A het elke wedstryd met die volgende tellings gewen:

Volkskool se o16A-netbalspan is ligawenners. Die span word deur Riana Cloete afgerig.

Volkies 40 – Vereeniging 2, Volkies 20 – Transvalia 13, Volkies 26 – Driehoek 12, Volkies 42 – Overvaal 12 en Volkies 29 – Dr Malan 6.

Die o16A afrigter is Riana Cloete.

Volkies o17A se goeie spel het gelei tot oorwinnings teen al die skole in die liga sover.

Die tellings is as volg:

Volkies 38 – Vereeniging 5, Volkies 33 – Transvalia 9, Volkies 46 – Driehoek 3, Volkies 55 – Overvaal 4 en Volkies 28 – DR Malan 5. Die afrigter is Mariska Strassburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button