Local newsLocal sportNewsSport

Jeug rugby seisoen is hier

Suikerbosrand Jeug Rugbyklub staan aan die vooraand van die 2015 rugbyseisoen en nooi belangstellende spelers in Nigel en Heidelberg om by hulle aan te sluit.

Volgens die klubbestuur wil hulle ‘n liefde vir rugby by jong spelers kweek om sodoende die sport te bevorder. Hulle wil ook die klub vestig as ‘n instelling wat uitsonderlike rugby prestasies onder die plaaslike jeug lewer.

Klubspanne sluit deelname deur o/7, o/8, o/9, o/10, o/11, o/12, o/14 en o/18-spelers in wat deurlopende afrigting deur gekwalifiseerde breiers ontvang. Die hoofdoel is om plaaslike spelers te ontgin en tot streeksvlak te ontwikkel.

Volgens beplanning sal daar ook later vanjaar twee rugbydae (een in Nigel en die ander in Heidelberg) aangebied word, met deelname deur vier junior Oosrandse klubspanne.

Die klub benodig tans afrigters vir die o/13, o/15 en o/16-spanne en nooi belangstellende afrigters om aan te sluit. Vir meer besonderhede, skakel Philip van der Linde by 082 313 1299 of Byrin Thompson by 083 511 7430.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button