Editor's choiceLocal newsMunicipalNewsBreaking News

Eens sierlike gebou nou verleentheid vir belastingbetalers

NIGEL - Die voorkoms van Nigel Stadsaal, voorheen ‘n sierlike gebou wat hope besoekers ontvang het, laat inwoners deesdae rooi onder die kraag.

VOLLEDIGE BERIG VERSKYN IN HERAUT OP 13 JANUARIE 2016
“Vervalle en vergete,” is die woorde waarmee plaaslike inwoner en voormalige burgemeester Willie Ras (snr) dié geskiedkundige gebou beskryf wat vir die afgelope drie tot vier jaar nie meer deur Nigel Stadsraad uitverhuur kon word nie, as gevolg van die toestand binne en buite.

IMG_9033 (Custom)

Hoewel die binnekant verlede jaar met ligte herstelwerk en verf opgeknap is, vertoon die buite aansig sleg. Onkruid groei heuphoogte reg om die gebou en in die tuine. Die motorhuise is toegemessel en met graffiti bemors. Haweloses vind snags skuiling onder die dakke van die gebou en plek-plek lê rommel.

Willie het sy teleurstelling teenoor HERAUT uitgespreek en gesê dat hy as getroue belastingbetaler en eens trotse inwoner, die omstandighede betreur.

“Ek kry skaam vir die algehele toestand van die dorp.”

Met verwysing na die toestand, verwys Willie na paaie vol slaggate, verkeersligte wat vir jare reeds buite werking is, straatligte wat nie werk nie, swak verkeerstekens, vervalle geboue en rommel in die strate en op sypaadjies.

IMG_9025 (Custom)
Willie het ‘n beroep op DA raadslid Wally Labuschagne gedoen om namens plaaslike belastingbetalers, munisipale kwessies ernstig aan te spreek en die verantwoordelike persone tot verantwoording te roep.

“Beloftes van regmaak en klaarmaak is al wat inwoners die afgelope paar jaar hoor, terwyl niks realiseer nie. Dit sal seker ook nie,” het Willie sy ontevredenheid met kliëntediens in Nigel uitgespreek.

HERAUT het bogenoemde kwessies by verskeie geleenthede oor die afgelope drie jaar onder die aandag van EMM se mediawoordvoerder gebring, maar antwoorde is yl en in die meeste gevalle bly navrae onbeantwoord.

Met die oog op die nasionale verkiesing later vanjaar, hoop inwoners soos Willie dat 2016 die jaar sal wees waarin beloftes nagekom word.

IMG_9025 (Custom)
Nigel Stadsaal is deesdae ‘n vervalle en vergete gebou. Gras en onkruid groei heuphoogte om die gebou en in die tuine en dit is duidelik dat daar ‘n algehele gebrek aan instandhouding deur Nigel Stadsraad is.

IMG_9027 (Custom)
Die stadsaal se motorhuise is toegemessel en met graffiti bemors. Haweloses vind snags skuiling onder die dakke van die gebou en plek-plek lê ‘n hopie rommel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button