Local sportNewsSport

Stokke swaai vir liefdadigheid by LS Tini Vorster se gholfdag

NIGEL - Nie eens gure weer kon Laerskool Tini Vorster se fondsinsameling gholfdag op 9 Maart benadeel nie.

Die spelformaat is in Beterbal Stableford aangebied en altesaam 50 gholfers het vanjaar ingeskryf.

Van die pryse het R10 000 prysgeld vir die persoon wat ‘n kolhou op die 13de putjie slaan, Pro-Shop geskenkbewyse, ‘n Fairway Glider gholfsak karretjie, gereedskapstelle, sambrele, gholfstok sakke en talle geskenkpakke ingesluit. Daar was ook pryse op die 10de putjie wat die “marsmallow drive” genoem word, naaste aan die pen op die derde, negende en 17de putjies en langste hou op die agtste putjie.

Die dag is met ‘n ete en prysuitdeling in die klubhuis afgesluit. Chris Papenfus en Karlo Kuhn het koning onder die spelers gekraai en elk ‘n Pro Shop geskenkbewys ter waarde van R2 000 ontvang. Ashley Mills het die prys vir naaste aan die pen op die derde putjie losgeslaan en Nardus Wheeler het die langste hou op die agtste putjie geslaan.
Ten spyte van gietende reën, was die gholfdag ten bate van die skool se hulpklas ‘n reusesukses en die skool het almal vir hul ondersteuning en betrokkenheid bedank.

IMG_0072 (Custom)
Johnny Whitehorn (snr), Johnny Whitehorn (jnr), Marius Jooste en Willem Botha van Kia Nigel se span tydens die afslaan by Laerskool Tini Vorster se jaarlikse gholfdag.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button