Local newsLocal sportNewsSportBreaking News

Nigel Rugbyklub vereer bestes tydens prysuitdeling

NIGEL - Nigel Rugbyklub se prysuitdelingsfunkie het op 26 Augustus plaasgevind, waartydens spelers, spanbestuurders en afrigters met trofeƫ vir hul harde werk gedurende die afgelope rugbyseisoen beloon is.

Na opening en verwelkoming deur Cois Kruger, het klubvoorsitter Louis Bezuidenhout die verrigtinge amptelik geopen en lede van die klub vir hul toewyding en opoffering bedank.

ā€˜n Toekenning is ook aan twee getroue ondersteuners, Hansie en Magda van Wyk gemaak. Siya Mosikidi is as 2016 opkomende speler aangewys, terwyl Rassie Erasmus ā€˜n trofee vir mees opwindende speler en De Necker van Schalkwyk (wat die meeste wedstryde gespeel het), trofeĆ« vir o/21-speler van die jaar en junior sportman van die jaar ontvang het.

In die o/21-afdeling is die volgende trofeƫ uitgedeel: Willie van der Merwe (meeste drieƫ gedruk), Okkie Grobler (meeste punte aangeteken), Renier Haasbroek (agterspeler van die jaar) en Christo Pretorius (voorspeler van die jaar).

In die tweedespan-afdeling is Joe Engelbrecht wat die meeste drieƫ gedruk het, as speler van die jaar en agterspeler van die jaar aangewys. Die volgende spelers het ook trofeƫ ontvang:Jacques de Beer (meeste punte aangeteken) en Gerhard van Rooyen (voorspeler van die jaar en mees toegewyde speler).

Eerstespan speler Adriaan Haasbroek het trofeƫ ontvang vir die meeste punte aangeteken en is as senior speler van die jaar aangewys. Dean Wiehan het die meeste drieƫ gedruk en is as eerstespan speler van die jaar aangewys, terwyl Rion Bezuidenhout die trofee vir agterspeler van die jaar en Johan Kruger die trofee vir mees toegewyde speler van die jaar ontvang het. Werner le Roux en Henk Marais deel die trofee vir voorspeler van die jaar.

 

Bestuurslede Piet en Anita Celliers het ook ā€˜n spesiale toekenning ontvang, terwyl Henk van der Merwe en Marlene Myburgh elk ā€˜n trofee vir spanbestuurder van die jaar ontvang het. Hansie van Wyk en Evert Jacobs is as afrigters van die jaar aangewys en Werner le Roux klubman van die jaar. Jacques Britz het Nigel Rugbyklub se voorsitterstrofee ontvang en Rassie Erasmus is deur die bestuur as speler van die jaar benoem.

Die verrigtinge is op ā€˜n hoĆ« noot afgesluit met van die spelers wat gewys het hulle is net so bedrewe op die dansvloer as met ā€˜n bal in die hand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button