Local newsMunicipalNews

AfriForum selfstandigheid-veldtog veg teen agteruitgang van infrastruktuur in Nigel

NIGEL/HEIDELBERG - Oktober is AfriForum se selfdoen maand met die selfstandigheid-veldtog wat verlede week afgeskop het.

Volgens AfriForum neem staatsverval in Suid-Afrika in so ‘n mate toe, dat gemeenskappe geen ander keuse het as om self die vermoë te skep om ‘n beter toekoms te bou nie.

Gemeenskappe regoor die land is besig om moue op te rol en verantwoordelikheid vir hul woonbuurte te neem. Die veldtog is spesifiek op padveiligheid gefokus waartydens ongeveer 100 AfriForum gemeenskapstrukture paaie in hul onderskeie dorpe gaan opknap.

IMG_2311 (Custom) IMG_2313 (Custom) IMG_2318 (Custom) IMG_2322 (Custom)

AfriForum se goed toegeruste paaiespan het op 4 Oktober in Heidelberg en op 6 Oktober in Nigel gewerk, waartydens stoptekens opgerig, spoedhobbels, padtekens en sypaadjies geverf en verskeie katogies op strate aangebring is.

 

Ledegeld beloop R50 per maand. Vir meer besonderhede kan Willem by 083 611 9589 geskakel word.

 

NIGEL - Hier word ‘n stopteken op die hoek van York en Bridlingtongstraat by Nigel High School vervang.
NIGEL – Hier word ‘n stopteken op die hoek van York en Bridlingtongstraat by Nigel High School vervang.

Related Articles

Back to top button