Local newsLocal sportNewsSport

Plaaslike skuts in die kol tydens ligakompetisie

HEIDELBERG - 25 Skuts verbonde aan die South African Field Target Airgun Association (SAFTAA) het op 15 Oktober sake onder die Wattelbome by Heidelberg se skietbane uitgespook.

Ongeag sterk en by tye rukwinde, het die manne en vroue hul goed van hul taak gekwyt. Heiri Brink was die wenner van die ligakompetisie met 43 uit 50, terwyl Nikita de Clerk van Heidelberg se Mildots eerste in die E-klas geëindig het. Plaaslike skut Lynn Strydom was tweede in die A-klas.

Die Mildots nooi plaaslike skuts om by hulle aan te sluit. Vir navrae skakel Steven by 079 217 2224.

Hier lê Proteaskut Machiel Basson aan na die teiken tydens Mildots se skietkompetisie by Heidelberg se skietbane.
Hier lê Proteaskut Machiel Basson aan na die teiken tydens Mildots se skietkompetisie by Heidelberg se skietbane.

IMG_2997 (Custom) IMG_3000 (Custom) IMG_3003 (Custom) IMG_3006 (Custom) IMG_3009 (Custom) IMG_3012 (Custom)

Related Articles

Back to top button