
HEIDELBERG – Vullis hoort gewoonlik in asblikke, maar glo nie by Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LPM) se kantore nie.
Op die hoek van Begeman en Du Preez straat is waar LPM hul eie vullis stort voor dit later na die stortingsterrein geneem word.
Die probleem is egter volgens Mev Michelle Combrinck, ‘n inboorling wat reeds 26-jaar hier belasting betaal, dat Lesedi se vullis dit nie tot in die dromme maak nie en dan waai dit die wêreld vol elke keer wat hulle die hek oopmaak.
“Geen wonder inwoners stort hul vullis net waar hul wil nie. Of dit nou langs die gholklub is of op die Poortje pad, mense doen net mooi wat hulle wil maar kyk na die voorbeeld wat hier gestel word,” het ‘n briesende Mev Combrinck aan HERAUT gesê.
Sy voeg by: “Dit is al vir meer as ‘n jaar wat dit soos ‘n varkhok hier by Lesedi se gebou lyk. Sies!”
LLM was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.