
Heidelberg se vullisterrein is in ‘n skokkende toestand en die situasie het verder agteruitgegaan sedert AfriForum se plaaslike tak die stasie in Ratanda in Oktober verlede jaar besoek het.
AfriForum het toé bevind dat Lesedi Plaaslike Munisipaliteit hulle aan wanbestuur skuldig maak wat tot groot gesondheidsrisiko’s kan lei.
AfriForum se munisipale stortingsterrein oudit fokus op die bestuur van vullis landwyd. Die projek streef daarna om te verseker dat stortingsterreine aan nakomingsvereistes voldoen en om munisipale owerhede aanspreeklik te hou indien dit nie aan die vereistes voldoen nie.
‘n Volledige verslag is in Oktober aan LPM oorhandig, maar met Willem Sprong (voorsitter) se besoek aan die terrein gister, was dit duidelik dat toestande net verder versleg het.
Vullishope het nou tot berge gegroei en van die vullis is so lank reeds daar dat plante soos pampoen en waatlemoen al begin wortelskiet het.
Lees HERAUT van 15 Februarie vir ‘n volledige berig met AfriForum se verslag en bevindinge.






