Local sportNewsSport

Heidelberg Rugbyklub ondersteuners in ‘n klas van hul eie

Manne trotseer koue en geniet die wedstryd

Kom ons vergeet vir ‘n oomblik oor die uitslag en fokus op die ondersteuners.

Terwyl Heidelberg Rugbyklub steeds sukkel om spoed te vang weens ‘n tekort aan spelers, bly hul ondersteuners van die beste in die liga. ‘n Goeie voorbeeld hiervan kon tydens die klub se laaste wedstryd teen Meyerton gesien word.

Dit was ‘n yskoue dag – so koud dat van die spelers besluit het om in die kooi te bly lê – maar ‘n tekort aan ondersteuning was daar nie.

Michael (die man in die hoof foto) het gesien dat daar ‘n moontlikheid vir reën was, maar hy was nie bang nie. Met sy visvang uitrusting aan is hy oor die algemeen vir min bang en het hy Saterdag uit vollebors sy span ondersteun.

Heidelberg Rugbyklub speel Saterdag om 4uur weer by Hoër Volkskool se rugbyveld en nooi alle ondersteuners uit om die middag saam met hulle to kom geniet.

HERAUT sal beslis daar wees om weer fotos te neem – al het een van die spelers se mammas na afloop van ons berig oor hul 69-7 pakslae in ons ore kom huil.

Toegang is R10. Sien julle daar!

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button