BREAKING NEWS: Your leading local newspaper will be delivered to your door tomorrow. Here’s what you can expect
Local expert: Newspapers remain relevant and reading makes you smarter

Carte Blanche se seksspeelgoedsegment was net verby toe die bom letterlik en figuurlik in Heidelberg gebars het.
Binne sekondes het die manne begin mobiliseer en feitlik elke janrap en sy maat wou weet wat die groot knal was.
Mense asseblief, as jy nie ‘n polisieman of medic is nie, en dalk te lui is om by jou plaaslike GPF aan te sluit, bly weg van ontploffings af. Dieselfde geld wanneer daar ‘n skoot klap. Jy wat in jou karretjie op die Balfourpad rond tjommel is dalk die verskil tussen ‘n ambulans wat betyds op ‘n toneel kom, of nie.
Aanvanklik het Heraut berig dat die gasbottel wat in Rensburg ontplof het op ‘n huis se dak geland het. Dit was die volgende oggend, toe die son skyn en almal mooi kon sien, bevestig dat dit nie die geval was nie.
As jy wil weet wat werklik gebeur het, lees gerus ons voorblad more.
Moving along swiftly, we attended an Environmental Impact Assessment meeting in Springs where they are planning to open another coalmine – our interest here lies in the pollution that will inevitably kill the more than 240 bird species of the Marievale Nature Reserve.
Where there’s money to be made, mother nature tends to suffer.
Coincidentally this weekend was the annual Marievale Nature Reserve WESSA Stargazing and Bird Watching outing. We attended that as we do every other year and perhaps this outing will serve as the best reminder of just how blessed we are to have a Ramsar protected area on our doorsteps.
Dan plaas ons so klein bietjie druk op die MEC vir veiligheid wat met die druk van ‘n knoppie die lewe van ‘n Nigel inwoner kan verander. As jy reken jy wil ’n verskil in ‘n goeie mens se lewe maak – lees vir ‘n slag jou koerant.
On the municipal front, we did a feature about a family that has been waiting for an RDP house since 1998. Ons kan maar net hoop en bid ons stadsvaders skrik een of ander tyd wakker. Ons hou egter nie ons asems op nie.
Terug op die onderwerp van vroue, die Vroue Landbou Unie (verskeie takke) spog weer met ‘n hele blad se nuus. Die week gesels een dame oor die tyd wat sy in Weskoppies (as onderwyser) spandeer het.
We are extremely proud to announce that the Heritage Association of South Africa has made Heraut its official media partner for their 2017 Symposium that will take place in the former capital of the old Transvaal in October. For more info, consult your newspaper.
Hierdie naweek is dit weer OutdoorX en beloof om die adrenalienjunkies van heinde en verre te lok. As die organiseerder van die fees nou slim is , sal hulle sorg dat ons senior verslaggewer Lydia Rice in ‘n helikopter gelaai word.
Ons hou daarvan om so tussen die bomontploffings en moordtonele in duur vlieg/voetuie rond te jaag. Ek sien persoonlik uit na die Golf 7.5 wat hulle later die week vir my kom aflewer. Thanks Eon Smith – skakel hom by 016 340 8863 vir jou gratis toetsrit.
Gebruiklik is al julle bloeitjies wat so goed by die skool presteer het ook in die koerant en die week skitter Laerskool AG Visser se Senior koor. Vissies se kore was nog al die jare tops – juffrou Carla ken haar storie – hoor.
Wat die sport aanbetref is dit met groot teleurstelling dat die Heraut se takhaar journo (ek) nie meer welkom is om Heidelberg Rugbyklub se wedstryde by te woon nie. Dit het niks met die feit te doen dat ‘n ondersteuner my so week of wat gelede ‘n paar yskoue brandewyne (in die yskoue) ingestop het nie.
Die manne is glo kwaad omdat ek (wat al die spanne in die omgewing so veel as mooontlik probeer ondersteun) so bietjie vies was vir manne wat nie vir die wedstryd opgedaag het nie.
Maar dit is cool, hulle sal my dalk eendag vergewe – intussen kyk ons maar wat Nigel Rugbyklub en daai besondere Buffels van Grootvlei aanvang.
Nigel se onder/21s is vanjaar witwarm terwyl die Buffels so goeie span geword het dat hul opponente nie langer as 60 minute op die veld wil wees nie.