Local newsLocal sportNewsSchoolsSport

Cristopher laat die rekords spat

Heidelberger is nommer een op die ranglys van Swem Suid-Afrika in die 50m en 100m rugslagitems in die seuns 9 en 10 jaar ouderdomsgroep.

Cristopher Strydom (10) is tans die nommer een swemmer (in sy ouderdomsgroep) op Swem Suid-Afika se ranglys in die 50m en 100m rugslagitems.

Cristopher het vanjaar ‘n uitstekende swemseisoen beleef met verskeie medaljes en nuwe rekords op sy kerfstok. Hy het 16 goue medaljes verdien en agt nuwe rekords van Januarie tot Julie (somerseisoen in ‘n 50m swembad) opgestel. Hy het verder 13 goue medaljes verdien en sewe nuwe rekords van Julie tot Augustus (winterseisoen in ‘n 25m swembad) opgestel.

Hy hou ook die EGA (Eastern Gauteng Aquatics) swemrekords vir seuns o/9 én vir seuns o/10 in die 50m, 100m en 200m rugslag en vryslagitems asook die 50m in vlinderslag.

Hy het weereens uitgeblink toe hy (tydens die Adrian Grafe swemgala wat op 2 September in Boksburg gehou is) ‘n eersteplek in die 50m rugslag item ingepalm het.

Cristopher het die afstand in 33.93 sekondes afgeblits. Dit lyk of hy hier ook ‘n nuwe rekord opgestel het (die vorige rekord is 34.41 sekondes), maar dit moet nog amptelik deur Swem Suid-Afrika bevestig word.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button