Local newsMunicipalNews

Wat is fout met Nigel se drinkwater?

Inwoners kla al maande oor ‘n onaangename reuk (en smaak) in Nigel se kraanwater, wat van Rand Water afkomstig is.

HERAUT het die afgelope paar weke verskeie navrae aan Rand Water, sowel as Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit in dié verband gerig.

 

In antwoord word daar beweer die vreemde reuk en smaak is aan ‘n organiese bakterie – Geosmin toe te skryf.

 

Geosmin is ‘n onskadelike, organiese verbinding met ‘n prominente aardse geur en smaak wat deur ‘n tipe bakterie geproduseer word. Die bakterie is ondermeer verantwoordelik vir die aardse smaak van beet en dra ook by tot die sterk reuk (petrichor) wat soms in die lug voorkom wanneer dit na ‘n droë spel heelwat reën, of wanneer die grond versteur word.

 

Dit is nie duidelik hoe lank die verskynsel nog gaan voorkom nie, maar volgens munisipale woordvoerder Themba Gadebe, is dit natuurlik en hou geen gevaar vir mens of dier in nie.

 

Maak seker jy loop nie die volgende uitgawe van HERAUT mis nie – daarin volg meer oor dié bakterie asook die suiwerheid van Nigel se drinkwater.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button