Local newsMunicipalNews

Meals on Wheels Heidelberg reik uit na behoeftige gesinne

Driekeer ‘n week asook elke pensioendag sorg die bekwame span van Meals on Wheels Community Services in Heidelberg dat behoeftige gesinne in en om die dorp ‘n heilsame ete ontvang.

Dié nie-winsgewende organisasie verskaf per geleentheid tussen 280 en 350 gekookte etes  wat deur Cilie en Tazmin Delport en hul kombuisspan voorberei word en daarna aan gesinne in ondermeer Rensburg en Ratanda oorhandig word.

 

WAT KAN JY DOEN OM TE HELP?

Meals on Wheels leun egter swaar op die publiek vir skenkings van vleis en vars produkte en het ook ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om te help met die skenk van houers soos emmers, ou roomysbakke en plat kosblikke.

 

As enigiemand van ‘n gesin of bejaardes weet wat behoeftig is, kan hulle Meals on Wheels gedurende kantoorure by 016 342 0310 vir registrasiedoeleindes skakel, of besoek die webblad vir meer inligting.

 

Persone wat ‘n bydrae wil maak, kan Cilie by 083 788 2956 of Heinaëlie Brink by 083 950 6631 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button