Local newsMunicipalNews

Sewe beseer toe hidroliese oliedrom by staalfabriek ontplof

Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (NUMSA) het op 13 April tydens ‘n protesaksie by Fortune Steels in Pretoriusstad buite Nigel, ‘n griefskrif met versoeke aan die direkteur generaal van die Departement van Arbeid sowel as maatskappy-afgevaardigdes oorhandig.

 

Skaars 24 uur ná oorhandiging van die griefskrif is minstens sewe werkers beseer toe ‘n hidroliese silinder by Fortune Steels ontplof het.

Die voorval het omstreeks 20:30 op 14 April plaasgevind en is deur inwoners sover as Alrapark en Jameson Park gehoor.

Fortune Steels is deel van Fortune Group – ‘n staalmaatskappy in Indië. NUMSA het die maatskappy daarvan beskuldig dat hy basiese gesondheids- en veiligheidswette verontagsaam en dat hy Suid-Afrikaanse arbeidswette ignoreer.

 

“Een van die werkers wat in die ontploffing beseer is, is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal in Alberton geneem nadat hy erge beserings aan die kop, bors en arms opgedoen het. Bestuur het egter probeer om hierdie voorval as niks af te maak,” het Phakamile Hlubi-Majola, NUMSA se waarnemende nasionale woordvoerder gesê.

 

“Kort na die ontploffing het hulle geweier om ‘n ambulansdiens te bel en het probeer om die beseerdes self met ‘n private voertuig na ‘n nabygeleë hospitaal te vervoer,” het hy bygevoeg.

 

 

Ander werkers het ligte tot matige brandwonde opgedoen.

 

Fortune Steels se uitvoerende direkteur Gaurav Bansal het die volgende kommenteer op HERAUT se navrae gelewer:

 

“Een van die werkers wat tydens die insident beseer is, is intussen uit die hospitaal ontslaan en sterk tuis aan. Dit het tot ons aandag gekom dat staalverskaffers staalprodukte van swak gehalte  aan ons verskaf. Ons ondersoek die moontlik dat swak gehalte staal tot die ontploffing in die smeltoond gelei het, maar die maatskappy sal die nodige stappe neem om soortgelyke gevalle in die toekoms te voorkom.”

 

Sien volledige berigte in HERAUT van 18 April.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button