Bennie Kriel was die voorloper onder die senior mans met 90 vis (41,030kg), met Lukas Stoltz in tweedeplek met 82 vis (32,365kg). Dirk Roos was derde met 63 vis (28,847kg).
Darell Roos het koning onder die vroue hengelaars gekraai met 55 vis (20,979kg) en Sonja Brits was tweede met 22 vis (11,510kg). Irma Storbeck het derdeplek met 19 vis (13,072kg) losgeslaan.
Jaden Nolte se 17 vis (6,998kg) het hom eersteplek onder die junior hengelaars besorg.
Kriel het die swaarste Karp (3,431kg) gevang, terwyl Storbeck met die titel vir die swaarste Graskarp (5,183kg) weggestap het. Sarita Stoltz het die swaarste Moddervis (1,285kg) en Brits die swaarste Baber (0,913kg) gevang. Die swaarste Geelvis (0,806kg) is ook deur Storbeck aan wal gebring.
Die volgende kompetisie vind op 5 Mei by Steyns Oord (Vaaldam) plaas. Almal is welkom en belangstellendes kan Lukas by 084 757 6058 of Jaco by 082 323 6284 skakel.



