Adrian Forrester (Graad 4) van Laerskool Tini Vorster het vanaf 11 tot 13 April sake uitgespook tydens die eerste uitdunrondes van die ATKV Redenaars kompetisie te Laerskool Westwood. Adrian se oorredende en beredeneerde toespraak het hom ‘n plek in die semi-finale ronde wat gedurende Mei plaasvind, besorg.
Victor Kalp (onderwyser van Laerskool Tini Vorster) het tydens ‘n onlangse skeidsregter-gradering as Valke Unie A-skeidsregter gekwalifiseer. Hy tree eersdaags in dié hoedanigheid op wanneer die laerskool rugbyliga amptelik afskop.
Leyla Smith van Laerskool Tini Vorster het vanaf 1 tot 7 April aan die Suid-Afrikaanse geslote skaaktoernooi in Birchwood, Boksburg deelgeneem, waar sy algeheel 22ste onder die land se o/10-meisiespelers geëindig het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!