
In die eerste kragmeting van die dag het Nigel se tweedespan Benoni met ‘n telling van 67-10 geklop. Die puntemakers was Thokozini Nkosi, Khomotso Matuiele, Herman Bothma, Frikkie Jansen (twee drieë), Tebogo Moepye, Morné Viljoen (twee drieë), Steven Jooste, Willie van der Merwe en Danie Strydom. George Fritz het twee en Jacques de Beer vier drieë verdoel.
Oudergewoonte het Nigel se eerstes vir ‘n skittervertoning gesorg en die kragmeting teen Benoni het altesaam 13 drieë, waarvan sewe deur Reon Bezuidenhout verdoel is, opgelewer. Die wedstryd is van begin tot einde deur die tuisspan oorheers en dit het die halftydtelling op 31-0 te staan gebring.
Minute na afskop in die tweede helfte het Nigel herhaaldelik deur die opposisie se verdedigingslyne gebreek en drie na drie ingeryg. Rudolf Koekemoer, Johan Kruger, Schalk O’Callaghan, Duan Tromp en Thinus Fourie het elk ‘n drie gedruk terwyl Reon Bezuidenhout, Jacques Brits, Ja-Rico van Niekerk en Johnny Holm’ner met twee drieë elk spog.
Ondanks die oorwinning van 79-0 was dit ‘n harde wedstryd wat die skare op hul voete gehad en etlike beserings op die veld opgelewer het.
Die volgende wedstryd teen Meyerton Rugbyklub vind op 9 Junie by Sasolburg se velde plaas. Ondersteuners is welkom om die kragmeting by te woon. Vir navrae, skakel Louis Bezuidenhout by 082 335 0853 of Henk van der Merwe by 076 301 0832.
