
Die wedstryd wat op Hoër Volkskool se veld gespeel is, het goed begin toe Ronald Rice kort na afskop die verdedigingslyne gebreek en agter die pale gekuier het. Jason van Jaarsveld het die drie verdoel, maar Bobbies het teruggeveg en kort daarna vir ‘n gelykmaker gesorg.
Spanning weens onnodige foute en toenemende druk deur albei spanne het hoog geloop, maar die Berge het hul aanval voortgesit en die puntetelling het opgeskuif toe Nico Rautenbach, Emile Bonthuizen en Leclue Spies ook elk ‘n beurt agter die pale gekry het.
Van Jaarsveld het nóg ‘n drie suksesvol verdoel.
Die eindtelling was 38-24 in Bobbies se guns. Vir meer foto’s van die wedstryd, besoek www.heidelbergnigelheraut.co.za
Die volgende kragmeting vind op 30 Junie by Edenpark Rugbyklub plaas. Ondersteuners is welkom om dit by te woon. Vir meer besonderhede, skakel Monique Reyneke by 072 573 3619.