Local newsNewsSport

Sterk, sterker, Sweeney

Sterkman is ‘n vinnig groeiende sport. Haar ouers en hul oefenspan staan bekend as die Sweeneys. Haar pa rig sowat 30 mense in Heidelberg vir Sterkman kompetisies af.

Melissa Roux-Sweeney het tydens die Suid-Afrikaaanse Sterkman kompetisie vir vroue van alle ouderdomme, ‘n tweedeplek behaal.

Die kompetisie het op 28 Julie by Emerald Casino, Vanderbijlpark plaasgevind.

Sy is slegs gewen deur ‘n 37-jarige vroulike Springbok rugbyspeler. Daar was ongeveer 45 deelnemers aan die kompetisie.
Sy het die “Yolk Walk” item gewen waar sy ‘n gewig van 220kg oor ‘n afstand van 25m binne nege sekondes  gedra het. Ander items waaraan sy deelgeneem het, was toutrek en dead lift.

Melissa het twee jaar gelede met Powerlifting begin. Sy was geïnspireer deur haar ouers, Vallerie en André, wat albei tweedeplekke in die Wêreldkampioenskappe verower het.

Melissa is 17 jaar oud en ‘n leerder aan Hoër Volkskool. Sy doen ook atletiek by die skool waar sy in skyfwerp en gewigstoot deelneem. Sy oefen elke dag een en ‘n half uur en Saterdae vir nog twee ure. Sy motiveer haarself deur uitdagings vir haarself daar te stel om te oorkom.  Melissa volg ‘n hoë koolhidraat en proteïen dieët. Haar doel is om aan die o/21 Wêreld Jeug Kampioenskappe te kan deelneem.  Sy kan al 160kg se deadlift optel.

 

Die befaamde driekuns – Vallerie, André, Calvin en Melissa (Roux) Sweeney bult hull spiere tydens ‘n onlangse oefensessie ter voorbereiding vir die Sterkman kompetisie wat later vanjaar plaasvind.

Sterkman is ‘n vinnig groeiende sport. Haar ouers en hul oefenspan staan bekend as die Sweeneys.  Haar pa rig sowat 30 mense in Heidelberg vir Sterkman kompetisies af.

Sy sien uit na haar volgende byeenkomste, een in Secunda en dan die grote, Afrika kampioenskappe in Rustenburg.

Volg ons ook op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button