Groot dele van die dorp (veral in die middedorp) se krane het eers op 2 November en toe wéér op 4 en 5 November opgedroog – ondanks LPM se verskoning op 2 November dat ‘n waterpyp naby Bendorlaan in Overkruin gebars het en dat die opgaartenk (reservoir) as gevolg daarvan leeggeloop het.
Nie net word huishoudings, skole en besighede deur die watergebrek geraak nie, maar selfs plaaslike veeartse soos Dr Steven Olivier in HF Verwoerdstraat word daardeur lamgelê, aangesien geen sjirurgiese prosedures sonder water uitgevoer kan word nie.
By navraag bied LPM telkens dieselfde holruggeryde verskoning oor ‘n stukkende waterpyp en die opgaartenk wat leeggeloop het aan, sonder dat ‘n langtermyn oplossing oor die instandhouding van die verouderde infrastuktuur bespreek word. Dit is nou reeds duidelik dat LPM se begroting nié daarvoor voorsiening maak nie, en Heidelbergers sal waarskynlik vir meer gereelde ‘kraan droogtes’ moet voorberei.
In die uitgawe van 7 November berig HERAUT in meer besonderhede oor hoe plaaslike besighede en skole deur die watertekort geraak is.
Volg ons:



