Moenie Top End Restaurant se amptelike opening Vrydag misloop nie
Top End Restaurant in Bunsenstraat, Heidelberg is besig om sy vere reg te skud vir die amptelike opening op 30 November.
Eenaars Jacques en Bianca Rossouw sien met groot opgewondenheid uit na die opening op 30 November en nooi alle belangstellendes om in die feestelikheid te kom deel.

Behalwe vir ‘n propvol vermaaklikheidsprogram wat ondermeer musiekvertonings deur plaaslike sangsensasie Giovanni Divito asook Judith Kea insluit, is daar ook fantastiese aanbiedinge op eet- en drinkgoed tydens die opening. Een gelukkige persoon sal ook tydens ‘n gelukstrekking die eienaar van ‘n splinternuwe bromponie word.

Top End Restaurant is ‘n gesellige bymekaarkomplek vir oud en jonk, waar die dekor van sofistikasie en besondere aandag aan detail getuig. Die atmosfeer is vriendelik en personeel verwelkomend en volgens die Rossouw-egpaar is dit presies waarna hulle streef.

Een gelukkige persoon sal ook tydens ‘n gelukstrekking die eienaar van ‘n splinternuwe bromponie word.
Besigheidsure is vanaf 11:00 tot middernag Maandae tot Vrydae, en vanaf 09:00 tot middernag op Saterdae. Besoekers is ook welkom om die restaurant op Sondae van 09:00 tot 18:00 te besoek.
Vir meer inligting, skakel Jacques of Bianca by 066 051 4809.



