MunicipalNewsBreaking News

Konsternasie toe beeste in dorp wei

'n Trop beeste in die middel van Heidelberg se dorpsgebied het inwoners warm onder die kraag.

Konsternasie het hom op 30 Oktober in Maréstraat afgespeel toe motoriste skielik vir ‘n trop beeste by die laagwaterbrug moes uitswaai.

Die trop beeste (met hul veewagter en ‘n paar honde) het doodluiters oor die straat na die groen gras langs die Blesbokspruit beweeg, waar hulle water gedrink en gewei het.

HERAUT het Trompie van Wyk van Lesedi Plaaslike Munisipaliteit se hulp ingeroep, waarna die beeswagter aangesê is dat dit onwettig is om sy vee in dorpsgebied te laat wei. Hy het toe die gebied verlaat en in die rigting van Shalimar Ridge en Ratanda beweeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button