Heidelberg Gholf Klub toernooi
Heidelberg Gholfklub bied hul eerste toernooi sedert Maart aan.

Die Covid-19 inperking het veroorsaak dat die klub finansiële verlies gelei het, aangesien geen toernooie of gholfdae die afgelope vyf maande aangebied kon word nie en die klubhuis restaurant en kroeg was ook gesluit.
Alhoewel spelers sedert 16 Junie weer gholf gespeel het, was die klubhuis en kroeg gesluit en kon eers met die aankondiging van vlak 2 inperking op 18 Augustus heropen.
Die tweedag-toernooi vind op 9 en 10 Oktober plaas en dien as fondsinsameling vir instandhouding van die klub. Spel sal onder streng protokol plaasvind.
Die toernooi word in ‘n vierbal formaat aangebied. Bespreek jou plek by Hannelie Pelser of Elmarie Wentzel by 016 349 1061.



