Local newsNews

Nuwe kantore vir Edony Ontwikkelaars

HEIDELBERG – Edony Ontwikkelaars trek binnekort na hul nuutgeboude kantore agter die Heidelberg Mall. Die konstruksiemaatskappy het meer as 27 jaar ondervinding in die bedryf en vir die afgelope 22 jaar in Heidelberg.

Met projekte soos Riversands Aftree-oord, Suikerbosrand Life Hospitaal en Quality Meat opgradering onder die knie, word hulle beskryf as die bekwaamste vir enige bou projek.

“Omdat die dorp nie te ver uit die middestad is nie, maar steeds ’n plattelandse effek gee, is Heidelberg ideaal vir ontwikkeling,” het Jaco Smit, direkteur, gesê.

Langs die nuwe kantore kom ook stoorkamers vir Pick n Pay en Jaco is oortuig dat meer erwe beskikbaar sal word in dieselfde omgewing vir verdere ontwikkeling.

Die Victorian Sentrum in Voortrekkerstraat kry ook ’n nuwe baadjie en Jaco en sy span is daar besig met opgradeerwerk wat teen Februarie klaar sal wees.

Met ’n personeelkompliment van meer as 140 gekwalifiseerde bouers, teelers en ambagsmanne en 80 permanenete werknemers, sal Edony Ontwikkelaars teen Desember die nuwe tuiste vir hul kantore kan inwy.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button