Local newsNews

John Wassenaar leer studente oor fotografie

Staxx kuns en skryfbehoeftes in Nigel het die naweek van 4 en 5 Junie ’n fotografiewerkswinkel aangebied.

Die geleentheid was spesiaal aangesien beroemde fotograaf John Wassenaar die werkswinkel aangebied het.

Wassenaar is bekend vir sy wye verskeidenheid fotografiese werk waar onder andere glans-geleenthede, sportbyeenkomste, gesinsfoto’s, troues, diereportrette, diere-aksie en natuurfotografie is.

“Ons tema by Staxx vir Junie en Julie is fotografie en dit was vir ons ’n voorreg om John Wassenaar te kon kry om die fotografie werkswinkels te kom aanbied,” het Nita Alberts, eienaar van Staxx, gesê.

Wassenaar was vir jare die hoof fotograaf vir Rapport. Die twee-dag werkswinkel het teorie sowel as prakties ingesluit en elke student het ’n handleiding wat deur Wassenaar saamgestel is, ontvang.

John Wassenaar wys vir Hannelie Jacobs en Lené Alberts tegnieke met ’n kamera tydens die fotografie kursus by Staxx wat op 4 en 5 Junie plaasgevind het.

“Fotografie was nog altyd vir my net ’n stokperdjie. Ek het met my kamera dinge probeer wat nie altyd so goed gewerk het nie. Maar nadat Oom John my onder hande geneem het, weet ek presies hoe om my kamera ten volle te benut. Nou gaan ek nie meer speel nie, maar my toespits op ’n meer professionele fotografie beroep,” het Lené Alberts vertel.

Nog ’n student wat die kursus bygewoon het is Hannelie Jacobs. Sy het vertel dat sy nou vir die eerste keer haar kamera se volle potensiaal gebruik.

“Die kursus was insiggewend, opvoedkundig en gesellig,” het Hannelie gesê.

Vir meer inligting kan Nita by 068 500 3487 geskakel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button