Local newsNews

Covid eis VLU Rensburg-tak woordvoerder

VLU Rensburg-tak woordvoerder Carol du Plessis (65) het op 15 Junie weens Covid-19 gesterf.

Carol was na haar aftrede uit die onderwys eers verbonde aan VLU Goeiehoop-tak en het die begin van die jaar oorgeskuif na Rensburg-tak.

Carol was bekend vir haar talente van kosmaak en gebak tot haar handewerk wat menigte pryse by die jaarlikse konferensies gewen het.

“Carol was ’n steunpilaar van die VLU en het nooit opgehou werk aan projekte nie. Sy was ’n ywerige en vlink werker aan die kompetisie artikels. VLU was so naby aan haar. Sy kon baie lekker eetgoed maak en dit was altyd ’n voorreg om by haar te gaan tee drink. Ons gaan haar regtig baie mis,’ het Marty Jerling, VLU Rensburg-tak voorsitter, gesê.

Carol het gesukkel met haar gesondheid en was gereeld in en uit die hospitaal die afgelope jaar.

Carol du Plessis, geliefde Rensburg VLU-tak woordvoerder, het op 15 Junie weens Covid gesterf.

“Tussen al haar pyn en seer sal my ma onthou word as ’n vriendelike mens wat diep spore in baie mense se lewens gelos het. Uniek en spesiaal wat baie lief was om iets met haar hande te maak. Van naaldwerk tot verf, niks was vir haar te veel nie,” het haar dogter, Brenda, vertel.

Volgens die VLU word sy gesien as iemand wat 100% gegee het.

“Carol was ’n dierbare, liefdevolle mens en was altyd bereid om te help. Haar plek gaan leeg wees,” het Lizette Pretorius, VLU Goeiehoop-tak, gesê.

Carol du Plessis saam met haar man Tokkie op hul troudag.

Carol laat haar eggenoot, kinders en kleinkinders agter.

“My ma se jare van pyn is nou stil,” het Brenda gesê.

Carol se begrafnisdiens sal op 25 Junie om 11:00 by die Suikerbosrand NG Kerk plaasvind. Die diens sal ook op YouTube gestroom word.

Elmarie Eygelaar, Babs Knoesen, Martie Halgryn, Marty Jerling, Trudie Potgieter en Maggie Kriel saam met Carol du Plessis vroeër die jaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button