Local newsNews
Oud-bankbestuurder het steeds hef in die hand
Pierrie Kotze (86) is ’n oud-bankbestuurder wat steeds hef in die hand het.
Die lee erf oorkant sy huis op die hoek van Roets en Buitekantstraat in Rensburg was ’n seer oog as gevolg van onwettige storting en rommel.
Die rommel het opgehoop en erg begin stink totdat Pierrie op eie onkoste die grond skoon gemaak het.
“Die veld was erg bestrooi met rommel en ons het sakke vol gemors weggery om dit skoon te kry,” het Pierrie gesê.
Hy het ook inwoners versoek om die omgewing te respekteer en nie weer die veld te vervuil nie.
Pierrie was vir 37 jaar ’n bankbestuurder en na sy aftrede bly hy en sy vrou sedert 1992 in Roetsstraat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




