Local newsNews

Jordaanpark kan binnekort beskerm wees met toegangbeheer

Jordaanpark kan binnekort beskerm wees met toegangbeheer.

Die versoek om toegangbeheer was 19 Mei in die Staatskoerant geplaas en insette en kommentaar moes teen 18 Junie ingedien word.

“Ons het geen negatiewe terugvoering gekry teen die beplande toegangsmonitering nie,” het Willem Sprong, voorsitter, gesê.

Kontrakteurs is reeds genader vir kwotasies en aanstellings sal binne die volgende week gebeur. Sprong het ook genoem dat die siviele konstruksie ongeveer twee weke sal duur en die installasie behoort binne vier weke afgehandel te wees.

Die Jordaanpark forum gaan steeds op 22 Julie voort met hul saak teen Lesedi Plaaslike Munisipaliteit. Indien alles volgens plan gaan, sal die ingang in Wesselstraat reeds teen daardie tyd beskerm wees.

Om aan te sluit by die Jordaanpark forum kan ’n e-pos aan admin@jordaanpark.co.za gestuur word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button