Local newsNews

Plaaslike koffie rooster mik na rooster van die jaar

Die plaaslike koffie rooster, Thinus Greyling van Cuppa Coffee Roasters, is in ’n loting geborg deur Genio Roasters, ’n hoofborg van die kompetisie, om deel te neem aan die jaarlikse gesogte A Shot in the Dark-kompetisie.

Die borge, The Coffee Magazine, Sevenoaks Trading, Best Water Technology en Genio Roasters, is welbekend en kundiges in die koffie bedryf.

Die perfekte koppie koffie met vars geroosterde bone in sy eie unieke styl is wat Thinus Greyling die titel van rooster van die jaar kan gee.

Die kompetisie is vir unieke koffie roosters wat landswyd uitgenooi is om deel te neem. Daar is 49 deelnemers wat hul bekwaamheid sal toets om dié rooster van die jaar te wees.

Sevenoaks Trading, die grootste invoerder en verspreider van rou koffiebone in Suid-Afrika, stuur die verkose bone (vanuit Burundi) vir hierdie jaar se kompetisie, onder groot geheimhouding, aan al die roosters. Hulle rooster dit in hulle eie styl tot die perfekte koppie koffie.

Streng reëls en Speciality Coffee Association-protokol word gevolg met koffie ontleding deur vooraanstaande koffiekundiges in Suid-Afrika.

HERAUT het in die uitgawe van 28 Oktober 2020 berig oor die plaaslike rooster wie se koffie geure deur die Nigel omgewing versprei word.

Cuppa Coffee Roasters is betrokke by die gemeenskap en hul vars geroosterde koffie word by verskeie plaaslike koffiehuise en funksies aangebied.

Die geur van vars geroosterde koffie is wat inwoners van Visagiepark in Nigel beleef wanneer plaaslike rooster Thinus Greyling van Cuppa Coffee Roasters sy bone rooster.

“Ek was verras en ge-eerd deur Genio Roasters se borgskap, en die inskrywings bone is reeds op my manier, wat ek voel, die koffiebone se aroma en smaak uitbring, in my 6kg Genio gerooster en ingestuur. Ek sien uit dat my vakmanskap gemeet word,” het Thinus gesê.

Die kompetisie is in die eerste rondte en die uitslae sal binnekort bekend gemaak word.

Die 49 deelnemers word na 10 uitgedun en dan uit die 10 sal die beste drie verder deelneem.

Die koffierooster bekroning, The Shot in the Dark-kampioen, kan uitsien na pryse soos ’n reis na ’n koffieplantasie en verskeie koffierooster toerusting.

Daar word ook eksklusiewe artikels berig van die wenners in die The Coffee Magazine, ’n persoonlike en rooster handelsmerk publisiteitsbevordering.

Thinus Greyling is reg om sy koffie te rooster langs sy koffierooster by sy huis in Nigel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button