Local newsNews

Raak nostalgies met dié Golden Oldies Kelderkonsert

“Goue oues is daardie liedjies wat in jou herinneringe weerklink.”

Alwyn Oberholster bring heelwat nostalgie hierdie Sondag (18 Julie) om 17:00 in sy aanlyn Lefra Kelderkonsert, Golden Oldies.

Alwyn Oberholster is gewild en bekend onder gehore vir sy briljante vertolking van die ouer treffers deur sangers soos Billy Joel, Neil Diamond, Allen Jackson, die Staccatos, die Bee Gees en vele meer.

Maar wat maak ’n treffer tydloos? Wat maak van ’n liedjie ’n ‘goue oue’?

“Goue oues is daardie liedjies wat in jou herinneringe weerklink,” het Alwyn gesê.

“As jy die liedjie hoor, neem dit jou skielik terug na die verlede en al die herinneringe wat daarmee gepaard gaan.
“Goeie herinneringe. Jou eerste soen, jou eerste afspraak of sommer net goue herinneringe.

“Dit anker jou.

“Met die nuwe tegnologie kan die kinders van vandag ouer, tydlose treffers op hul fone of mp3-spelers ontdek en aflaai, en verseker dat die goue oues altyd tydloos bly.”

Besprekings kan teen slegs R180 vir die hele huisgesin kan gedoen word by www.itickets.co.za of 011 815 3000.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button