Local newsNews

Rolstoel skenking maak ‘n verskil

’n Skenking van rolstoele van die Heidelberg Mall het dit vir die Suikerbos Aftreeoord moontlik gemaak om ’n verskil in ander se lewens te maak.

Die Suikerbos Aftreeoord het op 28 Junie ’n skenking van twee rolstoele vanaf Annemarie Janse van Vuuren en die Heidelberg Mall ontvang.

“Ek en ons drywer, Petros Tsotetsi, het verby een van die haweloses in die dorp gery wat gebruik maak van ’n rolstoel,” het Marlene Walkden, ’n maatskaplike werker by die oord, vertel.

“Petros het genoem dat hy die man, Amos, ken en dat sy vorige rolstoel stukkend was.”

Tholwana Brayn Sishange (links) saam met Amos Molefe in sy nuwe rolstoel.

Amos Molefe (40) kan oorkant die polisiekantoor in Voortrekkerstraat gesien word en is sedert 2004 in ’n rolstoel na hy in ’n ongeluk sy bene verloor het.

Walkden en Tsotetsi het met hart-op-die-mou vir hul matrone gevra of hul een van geskenkde rolstoele vir Amos kon skenk.

“Petros en die tehuis se vakman, Brayn, het nog daardie selfde dag vir Amos sy nuwe rolstoel gevat,” het Walkden gesê.

“Ons voel geëerd om ‘n verskil te kan maak in iemand soos Amos se lewe, al is dit klein.”

Petros Tsotetsi het saam met Marlene Walkden verby Amos Molefe gery wie genoem het dat sy vorige rolstoel stukkend was.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button