Plant vetplante is die week se wenk vir jou tuin
Die week se wenke kom van Malinda van der Merwe af.
Malinda verfraai die sypaadjies van Heidelberg met vetplante en klippies wat sy as donasie van die gemeenskap kry.
Vetplante is in staat daartoe om vog in sy blare, stingels, stamme of wortels te stoor en verg dus nie baie natmaak nie. Vetplante hoef nie teen ryp beskerm te word nie en groei maklik.
Die eienskappe van vetplante is klein, skubvormige blare, wat soms tot dorings of hare gewysig is, die goed ontwikkelde vervoerweefsel van die oppervlakkige wortels, die relatief klein oppervlakte van die weefsels waarin transpirasie en fotosintese plaasvind en die dik kutikule en ingesinkte huidmondjies van die epidermis.
Die huidmondjies van baie vetplante gaan slegs in die nag oop sodat waterverlies deur transpirasie tot ’n minimum beperk word. Stiggies kan ook maklik oorgeplant word.

As die beddings rondom die vetplantjies met sand en fyn klippies ingewerk word, groei die vetplante nog mooier. Wag tot die eerste reën voordat jy enige dooie blare afsny. Dooie blare beskerm nog die plant teen laat koue en droogte.
Malinda is opgewonde om na die eerste reën weer in te spring en die sypaadjies met vetplante te vervraai en het aan die gemeenskap gesê: “Indien julle enige oorskot vetplante het wanneer julle opruim in julle tuine, bring asb vir my by Diamante en Goud. Kom laai net af op ons winkel stoep. Kom groet asseblief ek wil ook graag dankie sê.
Voel vry om te help met ’n sypaadjie bedding naby jou huis waar baie inwoners verby ry, dan is dit vir ons almal lekker en mooi. Probeer ’n prominente bedding kies.”
Gesels gerus met Melinda indien jy wil raad vra by 072 134 1420.




