Local newsNews

Huis in Jordaanpark vereer met blou plaatjie

Tussen 1932 en 1937 het Wouter Geerling, wat ’n inspekteur by skole was, saam met sy gesin daar gewoon.

Die ‘huis onder die berg’ te Wesstraat 24, Jordaanpark, was in 1909 gebou, en omdat die huis die punt van Suikerbosrand as uitsig van die stoep gehad het was dit Entabeni, wat onder die berg beteken, gedoop.

Die huis is op 10 September vereer met ‘n blou erfenisplaatjie.

JS Joubert, wat ook die bouer van Laer en Hoër Volkskool en die koshuise Excelsior, Transvalia en Concordia was, was verantwoordelik vir die boukuns agter die huis wat moontlik die oudste huis in Jordaanpark is.

Dirk Kruger en sy vrou, Sylvia, is die huidige eienaars.

Die huis was in 1914 deur die regering gekonfiskeer en aan senator Francious (Frank) Robertson verkoop in 1940. Straatname soos Monastraat en Frank Robertsonstraat in Jordaanpark is na die senator en sy vrou vernoem.

Tussen 1932 en 1937 het Wouter Geerling, wat ’n inspekteur by skole was, saam met sy gesin daar gewoon.

Die uitsig vanuit die stoep. Daar was ’n grondpad vanuit die dorp tot by die huis.

In ’n brief van Wouter se dogter aan die huidige eienaar, Dirk Kruger, het sy vertel van die windpomp in die erf waar bobbejane kom water drink het.

Sy het ook vertel dat die huis in daardie tyd beskou was as buite die dorp en dat daar ’n smal grondpad was wat tot by die huis geloop het.

Die Geerling kinders en maats wat op die voorstoep gespeel het. Wouter Geerling en sy gesien het daar gebly tussen 1932 en 1937.

Sy onthou ook van die sneeu wat Heidelberg verras het tydens hulle verblyf daar.

Dirk Kruger en sy vrou, Sylvia, het die huis in 1991 gekoop en spog steeds met die oorspronklike waterput en selfs van die bome in die erf is meer as ’n honderd jaar oud.

“Ons is lief vir oudhede en die erfenis aan die huis se geskiedenis maak ons trots om die eienaars te wees,” het Dirk vertel.

Entabeni, oftewel Wesstraat 24, Jordaanpark, is op 10 September met ’n blou erfenisplaatjie vereer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button